HANÉ SE MAKLIKE SOUTTERT
- 4 snye witbrood
- 1 koppie melk
- 2 koppies gerasperde kaas
- 1 pakkie spek, gesnipper
- 6 rooi worsies, fyn gesny
- 1 ui, gekerf
- bietjie pietersielie, indien verlang
- sout en peper, na smaak
Week die brood in die melk en maak dit fyn met ‘n vurk.
Meng die res van die bestanddele saam en plaas in gespuite oondvaste bak.
Bak vir tussen 30 min en 40/45 min en hou ‘n ogie daaroor.
Baie lekker en is so maklik.
Resep en foto: Hané Rossouw
Category: