Your Recipe Blog

HANDIGE INLIGTING OM MAIZENA IN GEBAK TE GEBRUIK

HANDIGE INLIGTING OM MAIZENA IN GEBAK TE GEBRUIK

Voeg Maizena by jou gebak vir ‘n ligter, krakeriger koekie, brosser deeg en donseriger koek.
Voeg Maizena by deur net 1 deel Maizena by 3 dele koekmeel te voeg.
Byvoorbeeld indien die totale koekmeel behoefte 120 ml is dan sal die verhouding 30 ml Maizena : 90 ml koekmeel wees.
Sif altyd Maizena en koekmeel 3 keer saam voordat dit gebruik word. Dit verseker die egalige verspreiding van Maizena en koekmeel en gee ‘n spesiale ligheid aan die mengsel.

Laat koek en brood (maar nie koekies nie) in hulle blikke, bedek met ‘n doek, totdat heeltemal afgekoel voordat dit uitgehaal word.
Wanneer deeg en koekies uitgerol word, bestrooi net werkoppervlaktes en rolpenne met Maizena om plak te voorkom.

Voeg 5 ml Maizena by elke eierwit wanneer skuimpies gemaak word om dit ‘n stywer punt te gee.
Voeg 10 ml Maizena by botterversuiker om dit ‘n bietjie minder ryk te maak.

Maizena het dubbel die verdikkingsterkte as koekmeel. Vir melktert gebruik jy op 500 ml melk 30 ml koekmeel en 40 ml Maizena.

Foto en inligting: Louisa Hollenbach

Wenke: Frikkie Jones:
As jy koeksisters uitrol met Maizena, raak jou olie nie vuil as jy dit bak nie.
1-2  eetlepels Maizena in jou vensters se afspoelwater maak die vensters mooi skoon. Ek het eers gedink die vrou is mal wat dit vir my vertel het, maar sien is glo.

Category:

2 Reviews

  1. WINNIE

    Ek hou van jul blad

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page