HAMBURGER BROODROLLETJIES
- 150 ml louwarm melk
- 150 ml louwarm water
- 1 eetlepel suiker
- 7.5 ml kitsgis
- 1 eier
- 4 eetlepels kookolie
- 2.5 teelepel sout
- 3 ½ kopppie koekmeel
Meng bogenoemde saam om ‘n deeg te vorm.
Indien deeg nie sag is nie gooi nog bietjie melk en water gemeng by.
Meng goed en knie tot sagte nie klewerige deeg vir 15 tot 20 min.
Maak die deeg toe en laat rys vir 40 min.
Knie liggies af en maak deeg plat op jou werksoppervlak.
Vou jou deeg ( beide punte na mekaar toe, en vou dan weer) knyp punte toe en rol in ‘n wors. Sny 8 eweredige stukke en vorm jou rolletjies.
Pak die rolletjies op ‘n voorbereide bakplaat, maak toe en laat weer rys vir 40 min.
- 2 eetlepels louwarm melk
- 1 teelepel suiker
Meng die louwarm melk en suiker tot suiker opgelos is, smeer jou rolletjies met die mengsel en bak vir 15 min by 180°C.
Resep en foto: Martie Labuschagne