HAM EN KAASSKONWIELE
- 4 skywe ham
- 4 x 250 ml bruismeel
- 10 ml mosterdpoeier
- 5 ml sout
- ruim knippie rooipeper
- 90 g botter
- 380 ml melk
- 500 ml gerasperde Cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Bedek ‘n vierkantige koekpan van 23 cm in deursnee met kleefwerende kossproei.
Sny die ham in repies.
Sif die bruismeel, mosterdpoeier, sout en rooipeper saam.
Vryf die botter met die vingerpunte in die meel en maak die mengsel met genoeg melk aan om ‘n sagte deeg te vorm.
Plaas op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie liggies tot gemeng.
Rol uit in ‘n reghoek van 44 x 30 cm.
Sprinkel die ham en kaas oor die deeg.
Verf die randte van die deeg met ‘n klein bietjie water om dit klam te maak.
Rol die reghoek soos ‘n rolkoek op en sny in 2 cm dik skywe.
Rangskik die ronde skyfies in die voorbereide pan en verf die bokante liggies met melk.
Bak ongeveer 20 minute lank tot goud-bruin en gaar.
Laat bietjie afkoel en keer uit.
Bedien warm met botter en konfyt.
Resep en foto: Amanda Austen