Your Recipe Blog

HALWE KERRIEAARTAPPELS AS BYKOS

HALWE KERRIEAARTAPPELS AS BYKOS

Resep en foto: Carina Groenewald
Die hoeveelheid van die bestanddele is volgens eie smaak en hoeveelheid.

  • baba aartappels
  • gras-uie, opgesny
  • groen soetrissie, opgesny
  • knoffel, fyngemaak
  • spek of ham in blokkies gesny, opsioneel
  • Radja “mild and spicy” kerrie-poeier
  • olie vir braai
  • Kook die aartappels in bietjie water op die stoof tot sag.
  • Wanneer dit effe afgekoel is, sny in die helfde.
  • Braai die gras-uie, soetrissie, knoffel en spek of ham indien jy dit gebruik, in ‘n pan op die stoof tot gaar.
  • Voeg die aartappels by die bestanddele in die pan en strooi die kerriepoeier oor.
  • Braai alles saam vir ongeveer ‘n minuut.
  • Bedien warm of koud.
  • Nota: Ek maak dit gereeld, dis heerlik saam met enige vleisgereg of braaivleis.
  •  Nota: Mareanna Van der Merwe
    😁ek braai net bruin uie en sampioene saam met gekookte aartappeltjies met knoffel en gerookte paprika. Lekker ook in pot oor die vuur

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page