Your Recipe Blog

HAKSEL VIR JOU BROOD

HAKSEL VIR JOU BROOD

  • 1 skaaplewer
  • 1 skaaphart
  • 2 skaapniertjies
  • 2 teelepels sout
  • ½ teelepel swartpeper
  • ½ teelepel fyn koljander
  • ¼ teelepel fyn naeltjies
  • bietjie gerasperde neutmuskaat
  • 1 koppie water of rooiwyn
  • ¼ koppie asyn
  • 2 teelepels suiker

Maak die lewer, hart en niertjies skoon, trek al die vliese en buise af.
Laat 20 min in soutwater lê.
Dreineer en sny in klein stukkies.
Strooi sout en peper en al die ander speserye oor.
Kook dit in water of rooiwyn, voeg asyn en suiker by.
Kook met die deksel af tot droog gekook.
As dit droog gekook is, maal dit.
Eet warm op brood of rys. Geniet dit.

Resep:  Ina Stumke
Foto:  Andre Bester

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page