GUNSTELING ROERBRAAI
-
30 ml olyfolie
-
800 g varkrepies, uit die dikboud of fillet gesny
-
1 ui, in dun skyfies gesny
-
2 knoffelhuisies, fyn gekap
-
2 – 3 wortels, in dun repies gesny
-
250 g knopie sampioene, opgesny
-
6 murgpampoentjies, in repe gesny
-
sout en peper na smaak
-
30 ml sojasous
-
30 ml sjerrie
-
200 ml “sweet en sour sauce”
-
100 ml “steakhouse sauce”
-
10 ml bruinsuiker
Verhit die olie in ‘n groterige pan, en verbruin die varkrepies. Skep uit en hou eenkant.
Sorteer die ui en knoffel in dieselfde pan tot glasig.
Voeg die sampioene by en sorteer tot gaar.
Voeg die wortels, murgpampoentjies by en braai. Geur met sout en peper.
Voeg die sojasous, sjerrie, suiker en “sweet en sour sauce” en “steakhouse sauce” by.
Laat kook so 5 tot 10min tot die groente gaar is. Bedien met rys of noedels.
Resep en foto: Amanda Austen