Your Recipe Blog

GUINNESS POT PIE

GUINNESS POT PIE

  • 2 kg rump steak in blokkies gesny
  • 2 uie fyngekap
  • 2 wortels in blokkies gesny
  • koekmeel
  • sout
  • gemaalde growwe swart peper
  • 250 ml aangemaakte “Chilli beef stock”
  • 2 teelepels Worcestersous
  • 2 teelepels tamatie pasta
  • 2 teelepels suiker
  • 500 ml Guinness Draft beer
  • Skilferkorsdeeg (Puff Pastry)

Strooi sout en growwe peper op die steak en doop in meel, braai in botter en olie mengsel tot mooi bruin.
Skep die vleisblokkies uit.
Braai die uie en wortels in dieselfde pan vir so 2 minute.
Sit die vleis- en groentemengsel in ‘n pot saam met die res van die bestanddele (slow cooker werk ook goed) en kook tot vleis sag is en die sous lekker dik.
Nota:
Ek sit dan ook bietjie chilli aromat en sweet chillisous by en sommer ekstra swart peper.

Laat afkoel.
Sit die afgekoelde vulsel in ‘n oondbak of individuele klein potjies en sit die skilferkorsdeeg deeg bo-op. Smeer met geklitste eier.
Bak in die oond teen 140ºC (gasoond of 160 ºC gewone oond) vir so 30 minute.
Hou maar dop tot deeg mooi gaar en bruin is.

Resep en foto: Sean O’Brien

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page