Your Recipe Blog

GUINNESS BEESVLEISBREDIE

GUINNESS BEESVLEISBREDIE

Resep en foto: Nicolaas Martinus Swanepoel

  • 1 kg kook beesvleis, ontbeen
  • sout en peper na smaak
  • olie om vleis in te braai
  • 1 ui, in blokkies gesny
  • 3 wortels, geskil en skywe gesny
  • 2 seldery stingels, in blokkies gesny
  • 2 aartappels, in blokke gesny
  • 15 ml knoffel, opgekap
  • 30 ml koekmeel
  • 40 g tamatiepasta
  • 440 ml Guinness bier
  • 500 ml vleisaftreksel
  • 10 ml Worcestershiresous
  • 2 lourierblare
  • 5 ml gedroogde of 10 ml vars tiemie
  • 10 ml pietersielie, vars en fyngekap
  • Sny die beesvleis in blokkies, ongeveer 4 tot 5 cm stukke. Druk droog met handoek papier en sprinkel sout en peper na smaak.
  • Verhit die olie in ‘n dikboom pot. Plaas ‘n deel van die vleis daarin en braai tot mooi bruin aan albei kante. Verwyder en plaas eenkant. Herhaal tot al die vleis gedoen is.
  • Plaas die Guinnes en vleisaftreksel in die dikboom pot, bring tot prut en skraap die bodem van die pot goed met ‘n houtlepel.
  • Plaas die vleis asook die aftreksel en bier, wat warm gemaak is, oor in ‘n drukkoker.
  • Kook vir ongeveer 40 minute. Moet nie te lank kook nie.
  • Indien die vleis klaar in die drukkoker gekook het, plaas die uie, wortel, seldery en aartappel in die dikboom pot en braai oor medium hitte met ‘n bietjie olie, roer gereeld. Ongeveer 4 minute.
  • Voeg die knoffel by en braai tot geurig.
  • Roer die meel en tamatie pasta by en braai ongeveer 1 minuut. Nie te veel nie anders gee dit ‘n bitter smaak aan die bredie.
  • Skep die vleisaftreksel, bier en vleis stadig terug in die dikboom pot.
  • Roer versigtig deur. Laat stadig prut.
  • Voeg die worcestershiresous, tiemie en lourierblare by. Roer gereeld en wees versigtig vir aanbrand. Hou aan tot die groente net sag is.
  • Voeg die pietersielie by en geur met sout en peper indien nodig.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page