Your Recipe Blog

GUAVADILLASTROOP

GUAVADILLASTROOP

  • 16 koppies suiker
  • 4 koppies guavadillapulp (die pitte)
  • 3 liter kookwater
  • 4 effens gehoopte teelepels Engelse sout
  • 4 effens gehoopte teelepels wynsteensuur

Meng bogenoemde saam en plaas in ‘n pot.
Verhit tot die suiker gesmelt is.
Bring tot kookpunt.
Vryf die mengsel deur ‘n sif.
Sit die sap terug op die stoof.
Meng die sout en wynsteensuur by die vloeistof in.
Roer dit goed deur en laat afkoel en bottel.
Hou in yskas.
Ek vries die sap tot dit benodig word, in plastiekbottels.

Om te geniet:
Verdun dit met water, soos aanmaak koeldrank.

Resep en foto:  Petra Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page