Your Recipe Blog

GROOTMAAT VETKOEKE

Recipe by
| Servings: 55 - 60 vetkoeke

GROOTMAAT VETKOEKE

Graag plaas ek my moeder se vetkoek resep. Ek kry tussen 55 en 60 groot vetkoeke, my drukker is 10 cm by 10 cm. Jy kan resep halfveer en ook in kwarte opdeel.

  • 5 kg koekmeel
  • 5 eetlepels sout
  • 5 eetlepels witsuiker
  • 400 ml sonneblom olie
  • 4 pakkies droë gis (pers of groen)
  • 4 eiers
  • 3.2 liter louwarm water
  • olie vir diep braai

Sif droë bestanddele saam, voeg die gis by.
Meng die olie en eiers saam, gooi by die droë bestanddele. Voeg nou jou water geleidelik by en begin te meng tot sagte deeg, knie vir omtrent 10 min tot elasties.
Ek gooi altyd meer water ek hou van ‘n sagte deeg, dan rys dit makliker en blaas ook beter op, laat staan om te rys vir so 50 min op warm plek.
Keer die deeg uit op geoliede werksoppervlak, druk plat met handpalm tot so 1.5 cm dik, sny in blokke of rond, pak op ‘n gespuite skink bord om ‘n 2de keer te rys.
Wanner mooi dubbel gerys, plaas genoeg olie in ‘n pot op die stoof en laat warm word.
Tel die vetkoeke een een op en plaas in die warm olie.
Wanneer jy hul in die warm olie sit, gooi dadelik warm olie oor, as jy sien dit blaas op, keer dadelik om, dit sal nog wit wees aan die onderkant, maar dit is reg, bak beide kante tot mooi bruin en gaar.

Nota:
Met ‘n vierkantige drukker mors ‘n mens baie min deeg, met ‘n ronde drukker is daar baie mors tussen in, jy kan weer daardie off-cuts in ‘n bol vorm, maar ek het gesien so na die 2de keer raak die deeg taai en wil nie meer ‘n lekker vetkoek maak nie.

Resep en foto: Magda van der Merwe

One Review

  1. Henni

    Baie lekker vetkoek. Hou van die tekstuur van deeg.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5