Your Recipe Blog

GROOTMAAT VEERLIGPANNEKOEK

| Servings: 80 - 100 pannekoeke

GROOTMAAT VEERLIGPANNEKOEK

As ek ook ‘n klip in die bos kan gooi, ek gebruik al jare lank hierdie resep, die pannekoek is nie taai nie en veerlig.

  • 16 tot 20 koppies water
  • 16 eiers
  • 3 – 4 koppies kookolie
  • ¾ koppie asyn
  • 2 kg bruismeel
  • 2 teelepels sout

Plaas die water en eiers in ‘n groot mengbak en klits baie goed tot gemeng.
Voeg die olie en asyn by die eiermengsel en klits weer baie goed.
Voeg die meel en sout by en klits baie goed tot ‘n gladde, romerige beslag.
Bak lekker veerligpannekoeke in ‘n warm pan.
Notas:
Maak ongeveer 5 liter beslag.
Indien die beslag te dik is, voeg bietjie water by en klits baie goed.
Indien die beslag te dun is, voeg bietjie meel by en klits goed deur.
Die beslag kan halveer word.
Die pannekoeke vries baie goed, heerlik om te gebruik as jy ontdooi vir gevulde pannekoeke. My kliënte sê hulle warm die pannekoek op sommer in die mikrogolf.
Die beslag kan ook tot 4 dae in yskas hou, klits die beslag net baie goed voor jy begin bak. Ek roer die beslag gedurig met ’n soplepel terwyl ek bak.
Onthou die deeg moenie koud wees as jy bak nie, dit moet kamertemperatuur wees.
Indien jy die beslag vries, moet dit op sy eie ontdooi, haal bv. vanoggend uit die vries as jy vannaand wil gebruik. Die beslag sal dalk dan dun lyk, voeg bietjie meel by en klits.
My pannetjies is al so ingebak, ek hoef glad nie eers meer olie te gebruik as ek begin bak nie.
Pan moet ook nie te koud of te warm wees nie, anders sit die pannekoeke vas.

Resep en foto: Charlotte Barnard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page