Your Recipe Blog

GROOTMAAT TAMATIE- EN UIESOUS

Recipe by
| Servings: 5 × 750 ml houers

GROOTMAAT TAMATIE- EN UIESOUS

  • 4 kg tamaties, geskil en in stukkies gesny
  • 20 mediumgrootte uie, geskil en opgekerf
  • 1 x 100 g pakkie tamatiepasta
  • 1 teelepel swartpeper
  • 2 teelepels sout
  • 2 teelepels oreganum
  • 4 teelepels Aromat
  • 10 teelepels suiker, of na smaak
  • 3 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel mediumsterk kerriepoeier
  • 60 ml Worcestersous

Braai uie tot deurskynend, nie bruin.
Voeg tamaties by en kook vir ½ uur.
Voeg res van bestanddele by en kook vir ± ‘n uur om te verdik.
Laat afkoel.

Nota:
Ek bottel myne in plastiek slaairoombottels, vir vrieskas.
Jy kan dié veelsydige sous gebruik vir die volgende:
Pasta geregte
Pizza basis
Worsbroodjies
Tamatiebredie

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5