GROOTMAAT SOET-SUUR SOUS
Genoeg vir 50 hoender borsies in blokkies gesny – 5 liter sous.
- 6 uie, gekap
- 4 x 410 g blikke pynappelstukke met sous
- 4 blokkies hoender “stock” blokkies
- 100 ml sojasous
- 100 ml bruinasyn
- 20 ml fyn gemmer
- 10 ml gerasperde vars gemmer
- 5 groen soetrissie, in repies
- 5 rooi soetrissies, in repies
- 250 ml Maizena
- knoffel een bol, geskil en gekap
- 100 ml bruinsuiker
- 50 ml mirrin of sjerrie
- 1 koppie tamatiesous
- 3 liter water
Braai uie, soetrissies, gemmer en knoffel in bietjie olie tot sag en deurskynend.
Voeg die res van die bestanddele by en prut vir so 20 min.
Gebruik soos verkies… met hoender of varkrepies.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman