GROOTMAAT PAPTERT
Ek het hierdie naweek paptert gemaak vir 50 mense. Ek het soos volg gemaak.
- Pap:
- 750 ml mieliemeel
- 75 g botter
- 2 liter kookwater
- sout na smaak
- 3 blikkies romerige soetmielies
- Vulsel:
- 1.5 kg tamaties, opgekap, ek het gevriesde tamaties gebruik
- 1 groot ui, opgesny
- 2 pakke sampioene, opgesny
- 1 kg spek, opgesny
- 1 kg kaas, gerasper
Meng die mieliemeel, botter, kookwater en sout in ‘n groot mengbak.
Plaas die bak met die mieliemeelmengsel in die mikrogolf en kook vir 5 minute.
Verwyder die bak uit die mikrogolf en roer die mieliemeelmengsel deeglik deur.
Plaas die bak terug in die mikrogolf en kook verder vir 10 minute.
Verwyder die pap uit die mikrogolf en roer die roommielies by die mieliepap.
Skep die papmengsel in gelyke hoeveelhede in 3 groot foeliebakke of oondbakke met dieselfde volume.
Kook die tamaties en uie saam in ‘n pot tot die uie gaar en die sous verdik.
Geur die sous na eie smaak, die sous moenie te loperig wees nie.
Braai die spek en die sampioene in ‘n pan tot gaar, voeg dit by die tamatie- en uiesous en roer deur.
Skep die sous in gelyke hoeveelhede bo-op die pap in die bakke, net genoeg om die pap te bedek.
Sprinkel die gerasperde kaas bo-oor die sous.
Bak die papterte in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 25 minute.
Nota:
Ek hou van baie kaas, so ek het die hele 1 kg kaas gebruik.
Ons was omtrent 40 mense en 1 volle bak het oorgebly, die mense het tot vir 2de porsies gegaan, so die resep is definitief genoeg vir 50 mense.
Resep: Amanda Erasmus