Your Recipe Blog

GROOTMAAT KARRINGMELKBESKUIT MET BRUISMEEL

Recipe by
Cook: 1 uur

GROOTMAAT KARRINGMELKBESKUIT MET BRUISMEEL

“Ek bak met xylitol in plaas van suiker. Lewer ongeveer vier kilogram droë beskuit.”

  • 3 kg bruismeel
  • 2½ koppies koekmeel
  • 25 ml bakpoeier
  • sout
  • 750 g kunsbotter
  • 2½ koppies suiker
  • 1½ liter karringmelk
  • 7 eiers

Sif bruismeel, koekmeel en bakpoeier saam en hou eenkant.
Smelt kunsbotter oor lae hitte.
Voeg suiker by en laat smelt.
Klits klonte uit indien nodig en voeg karringmelk by bottermengsel.
Hou louwarm.
Klits eiers en voeg by bottermengsel.
Meng met meelmengsel en knie effens.
Smeer panne, knyp bolletjies deeg af en pak in die panne.
Bak in vooraf verhitte oond by 160 °C vir een uur.
Keer uit en koel af. Breek soos verlang en droog uit.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page