GROOTMAAT HAWERMOUTKOEKIES
- 9 koppies koekmeel
- 9 koppies klapper
- 9 koppies hawermout (oats) of (4½ koppies rolled oats, 4½ koppies Quick Cook Oats. Moenie Instant Oats gebruik nie)
- 7½ koppies suiker
- sout
- 9 teelepels bakpoeier
- 1.25 kg bakmargarien
- 500 g gouestroop
- 9 eiers
- 9 teelepels koeksoda
Meng die koekmeel, klapper, hawermout, suiker, sout en bakpoeier saam. Vryf die bakmargarien hierby in.
Klits die gouestroop, eiers en koeksoda saam.
Maak deeg met die stroopmengsel aan tot ‘n stywerige deeg.
Rol balletjies van so 17 – 20 g elk en pak op bakplaat, druk plat met vurk of drukker.
Bak by 175°C vir 7 minute. Draai panne en bak nog 7 minute.
Laat koekies op bakplaat styf word en skep dan met ‘n paletmes van die plate af.
Pak plat neer tot koud en stewig. Verpak.
Resep en foto: Frikkie Jones