Your Recipe Blog

GROOTMAAT GESONDHEIDSBESKUIT

Recipe by
Cook: 67 minute

GROOTMAAT GESONDHEIDSBESKUIT

“Lewer ongeveer sewe kilogram beskuit. Ek bak met Xylitol in plaas van suiker.”

  • 24 koppies koekmeel
  • 8 koppies semels
  • 60 ml kremetart
  • 75 ml koeksoda
  • 30 ml bakpoeier
  • sout
  • 4 koppies hawermout
  • 1½ koppies klapper
  • 1½ koppies pitlose rosyne
  • 1 koppie in totaal saadjies soos sesamesaad, lynsaad en poppiesaad
  • 1½ koppies sonneblomsaad
  • 1½ kg bakkunsbotter
  • 4½ koppies suiker
  • 1½ liter karringmelk
  • 9 eiers

Meng al die saad saam met hawermout, klapper en rosyne en hou eenkant.
Smelt kunsbotter.
Voeg suiker by en laat smelt oor lae hitte.
Voeg karringmelk by en klits tot glad. Hou louwarm.
Klits eiers en voeg by bottermengsel.
Meng met gesifde res van droë bestanddele.
Deel deeg in drie groot beskuit afdrukpanne.
Maak gelyk, druk kante in en druk af. Verwyder drukker.
Bak in voorafverhitte oond by 140 °C vir 34 minute. Draai panne en bak ‘n verdere 33 minute.
Koel in panne af en breek beskuit met ‘n vurk/staal-uiepenhouer. Droog uit.

Resep en foto: Frikkie Jones

2 Reviews

  1. NINA MEYER

    Hallo julle !

    Wat sal die kunsbotter wees? Nina

    Star
    • Hi Nina, dit is ‘n goeie bak margarien. Altyd indien moontlik moet hoër vetinhoud as 70-80 %

      Geniet dit

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page