Your Recipe Blog

GROOTMAAT BOERBRODE

Recipe by
Cook: 35 - 40 minute | Servings: 5 brode

GROOTMAAT BOERBRODE

  • 5 kg koekmeel
  • 5 eetlepels sout
  • 8 eetlepels witsuiker
  • 250 g bak margarien of botter
  • 4 pakkies gis
  • 3.1 liter warmwater

Neem 2 eetlepels suiker, 4 eetlepels koekmeel en 4 pakkies gis in ‘n aparte houer van so 1 liter, meng met  ½ koppie warmwater en laat gis vir so 20 minute.

Sif droë bestanddele, voeg gesmelte margarien of botter sowel as die gismengsel by en so 2.8 liter water, knie tot sagte deeg. Indien nodig voeg res van die water by, alles hang net af van jou meel se digtheid. Knie goed.
Die deeg moet lekker sag wees en jy moet so 15 minute met hand knie of so 5 minute in ‘n deegmenger.
Vorm deeg in ‘n bal en plaas in ‘n gesmeerde skottel,  van so 15 tot 20 liter, maak lekker warm toe en laat rys vir so 45 minute tot verdubbel.

Keer uit op gesmeerde werksblad en deel in 5 dele vir 5 groot brode of 10 dele vir 10 kleiner brode. Vorm brode, plaas in gesmeerde broodpanne en laat rys op warm plekkie vir nog so 45 minute tot panne mooi vol is en brode hoog is.
Bak in voorverhitte oond op 180°C vir 35 tot 40 minute.
Om te weet of brood gaar is, klop op brood. Dit sal hol klink.
Haal uit oond, keer dadelik uit en smeer bo-op met gesmelte regte botter.

Resep en foto: Magda van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page