GROOTMAAT ANYSBESKUIT
(Lewer sowat 2 groot panne en 4 medium panne)
- 2.5 kg koekmeel
- 15 ml sout
- 3 x 10 g pakkies gis (pers pakkie)
- 100 ml anys (kan minder gebruik)
- 250 g gesmelte margarien
- 1 blikkie kondensmelk (Ek gebruik 1 ½)
- lou water
- Bolaag:
- 2 teelepels goue stroop
- bietjie water
Meng koekmeel, sout, gis en anys. Meng gesmelte margarien en kondensmelk. Voeg die droë bestanddele by die kondensmelkmengsel.
Voeg louwarm water bietjie-bietjie by en knie tot ‘n sagte deeg.
Bedek met plastiek en plaas op ‘n warm plek om te rys.
Sodra dubbel die hoeveelheid gerys, knie weer af. Maak bolletjies en plaas in gesmeerde panne.
Bedek weer en laat dubbel die hoeveelheid rys.
Voorverhit die oond op 200 ºC. Plaas die panne in die oond en draai af na 180ºC sodra panne in die oond geplaas word.
Bak vir 1 uur of tot bruin.
Sodra die beskuit uit die oond kom, smeer bo-op met die mengsel van goue stroop en water. Laat afkoel en keer uit.
Sny/breek beskuit groote soos verkies en droog uit in oond op 70ºC op die draadrak.
Resep en foto: Elize Viljoen














Love it, thank you for sharing 🙂