GROOT FRIKKADELLE MET HAWERMOUT EN TAMATIESMOOR
- 4 middelmatige tamaties
- 2 groot uie
- 30 ml sonneblomolie (2 eetlepels)
Maak ‘n smoor van die tamatie en uie. Hou eenkant.
- Meng die volgende saam:
- 1 kg maalvleis
- 50 g hawermout of gebreekte weetbix (½ koppie)
- 125 ml melk (½ koppie)
- 30 ml bruinasyn (2 eetlepels)
- 15 ml Worcestersous (1 eetlepel)
- 10 ml sout (2 teelepels)
- 1 ml peper
- ½ van die tamatiesmoor
Maak groterige frikkadelle en pak redelik styf teenmekaar in oondvaste bak met volume van ongeveer 2.5 liter.
- Meng die volgende saam:
- 125 ml water
- 30 ml tamatieroomsop, sampioensop of beestertsop na jou keuse.
Giet die sopmengsel oor die frikkadelle, bedek en bak ‘n uur teen 180 ºC.
Skep die res van die smoor bo-oor en bak sonder bedekking tot mooi bruin.
Resep geplaas deur Elbie Gouws