GRONDBOONTJIEBOTTERKOEKIES
‘n Vinnige koekie met min bestanddele om selfs in die maer maande ‘n soetigheid in die huis te kan hê.
- 1 koppie grondboontjiebotter
- 1 koppie suiker
- 1 eier
- ½ teelepel koeksoda
- 1 teelepel vanilla geursel
- ½ koppie koekmeel
- sjokolade splinters, opsioneel
Meng al die bestanddele saam, rol in bolletjies en pak op ‘n voorbereide bakplaat.
Druk elke bolletjie bietjie plat met ‘n vurk op bakplaat.
Bak vir 10 min teen 180°C of tot goudbruin.
Foto en resep: Ané Palmer