Your Recipe Blog

GRONDBOONTJIEBOTTER MUFFINS

Recipe by
Cook: 20 tot 25 minute

GRONDBOONTJIEBOTTER MUFFINS

  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ‘n knippie sout
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 eier
  • 1 koppie melk
  • ¼ koppie botter, gesmelt
  • 1 eetlepel grondboontjiebotter
  • kaneel

Voorverhit die oond tot 190 °C en spuit ‘n muffinpannetjie met kleefwerende sproei.
Meng alle droë bestanddele saam.
Klits alle nat bestanddele saam en voeg by droë bestanddele en meng alles goed saam.
Skep mengsel in die muffinpannetjies en strooi klein bietjie kaneel oor elke muffin.
Sit die pannetjie in die oond en bak vir 20 – 25 minute.
Na die tyd om is, kyk of die muffins gaar is deur ‘n tandestokkie in die middel te druk. Wanneer die stokkie skoon uitkom, is die muffin reg.
Haal uit die oond en laat dit afkoel.

Foto en resep: Enya Smit

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page