GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADEKOEK
Resep geplaas deur Louise Venter
2de foto: Louise Venter
Foto: Bernadene Daniell Prinsloo
Verjaarsdagkoek gebak vir n seun in ons gemeenskap.
Gewone kondensmelk karamel gebruik vir vulsel en bo. Saam met karamel spingmielies.
- 3 eiers, geskei
- 2 koppies bruinsuiker
- 2 koppies koekmeel
- ¾ koppie kakao
- 1 koppie karringmelk
- 1 koppie sterk swart koffie
- ¼ koppie gladde grondboontjiebotter
- ½ koppie olie
- 15 ml vanilla ekstrak
- 15 ml bakpoeier
- 15 ml koeksoda
- Versiersel:
- ¼ koppie gladde grondboontjiebotter
- ½ koppie botter, kamertemperatuur
- ½ koppie room
- 2 koppies versiersuiker
- ¾ koppie kakao
- 5 ml vanilla ekstrak
- Verhit die oond tot 180ºC.
- Spuit 2 koekpanne van 22 cm deursnee met Spray-‘n-cook en voer uit met bakpapier.
- Skei die eiers, klits eierwitte styf en hou eenkant.
- Klits eiergele, suiker en vanilla tot lig en romerig.
- Meng al die droë bestanddele saam.
- Meng warm koffie, grondboontjiebotter en olie.
- Voeg meelmengsel en koffiemengsel om die beurt by eier mengsel.
- Meng goed. Vou die eierwitte in.
- Laastens vou bakpoeier en koeksoda by.
- Verdeel beslag tussen die 2 koekpanne en bak 35 tot 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Haal koeke uit die oond en laat afkoel vir 15 minute voor jy die koeke omkeer.
- Laat heeltemal afkoel voor versier.
- Versiersel:
- Klop botter, grondboontjiebotter en vanilla tot lig en romerig in elektiese klitser.
- Voeg versiersuiker en kakao om die beurt by en hou aan klits.
- Voeg laastens die room by en meng goed.
- Versier die koek en geniet!
Category:


