GRONDBOONTJIEBLOKKIES
- 250 ml grondboonjiebotter (grof of glad)
- 30 ml botter
- 200 ml sagte bruinsuiker
- 250 ml gouestroop
- 250 ml gemengde grondboontjies en rosyne
- 4 x 250 ml Rice Krispies
- 100 g melksjokolade, gesmelt
Bespuit ‘n bak van 32 x 23cm met kleefwerende kossproei.
Smelt die grondboonjiebotter, botter, suiker en gouestroop saam in ‘n kastrol oor lae hitte.
Verwyder van die hitte en voeg die grondboontjies- en rosynemengsel by, asook die Rice Krispies.
Meng goed deur en skep in die voorbereide bak. Druk vas en verkoel tot stewig.
Smeer die gesmelte sjokolade oor. Verkoel en sny in blokkies.
Resep en foto: Amanda Austen