Your Recipe Blog

GRONDBOONTJIE LEKKERS

GRONDBOONTJIE LEKKERS

Toe ek op laerskool was het die kafee oorkant my skool peanut clusters en coconut clusters verkoop, en baie van my sakgeldjies het daarheen gegaan! So ek moes een van die twee keto/low carb en diabeet vriendelik maak, want wanneer was ‘n peanut cluster al ooit sleg?

  • 5 blokkies donker 90% (of so ‘n hoë persentasie as wat jy kan kry) sjokolade
  • 2 eetlepels grondboontjiebotter
  • 200 ml gesoute grondboontjies
  • *1 – 2 teelepel versoeter van jou keuse, opsioneel

Smelt die sjokolade en grondboontjiebotter in twee keer 30 sekondes in die mikrogolf tot glad en gesmelt.
Roer die grondboontjies en versoeter (indien gebruik) deur, en skep teelepels vol op ‘n plat bord of bakplaat wat bedek is met bakpapier of waspapier (ek kry ongeveer 12 uit die resep).
Plaas in die vrieskas vir 30 minute.
Verwyder die “clusters” van die bakpapier en plaas in ‘n houer met ‘n deksel in die vrieskas.
Gebruik direk uit die vrieskas soos benodig.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5