GROENVYEKONFYT
- 3 kg groenerige vye
- 750 ml water
- 15 ml koeksoda of 30 ml kalk
- 500 g suiker
- 60 ml suurlemoensap
- kruie naeltjies
- gekneusde gemmer
- heel kaneelstukke
Kies vye wat goed uitgeswel, maar nie hol is aan die binnekant nie.
Krap of rasper die suurlemoene baie dun af en maak ‘n snytjie in die vorm van ‘n kruis aan die blom-ent van elke vy.
Weeg die vye.
Laat vrugte oornag in ‘n oplossing van kalk of koeksoda lê op 3,4 liter water.
Volgende dag:
Spoel die vrugte baie goed af, plaas hulle in kokende water en kook sowat 15 minute lank tot sag (totdat ‘n vuurhoutjie maklik kan deurdruk)
Gebruik die water vir stroop. Ek laat dit eers afkoel om sandsuiker te verhoed.
Druk water uit die vrugte en sit die vrugte geleidelik in die stroop.
Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g vrugte en 375 ml (½ koppie water) vir elke 250 ml (1 koppie) suiker.
Voeg ‘n paar kruienaeltjies, stukke heel kaneel of gekneusde gemmer en 45 tot 60 ml suurlemoensap by vir elke 3 kg vrugte.
Kook dit sowat 2 uur lank vinnig in die stroop tot die vrugte helder en die stroop dik is (ek meet dit met ‘n termometer, sodra dit 220°C bereik het is dit reg)
Maak 1,5 liter ekstra stroop om mee aan te vul namate die stroop wegkook.
Pak die vye in skoon gesteriliseerde bottels, vul die bottels met die stroop en verseël.
Resep en foto: Gregor Jordaan