GROENVLEI JAN ELLIS POEDING
Ek het die Food Lovers resep bietjie aangepas en die sous met kondensmelk gemaak.
10/10 sê my pa.
- 1 koppie suiker
- 1 teelepel asyn
- 1 koppie koekmeel
- 1 eier
- 1 koppie melk
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 teelepel koeksoda
- knippie sout
Meng alles baie goed saam, plaas in ‘n gesmeerde tertbak.
Bak by 180ºC vir 20 minute.
- Stroop:
- 1 blikkie kondensmelk (minus ‘n eetlepel of twee vir die kok)
- ¼ koppie melk
- 1 koppie botter
Plaas die bestanddele in ‘n potjie en meng alles saam, laat opkook.
Giet die warm stroop oor die warm poeding en bak nog 20 minute.
Resep en foto: Christina van Tonder