GROENTESOP MET CHORIZO WORS EN SONGEDROOGDE TAMATIE POTBROOD
- 1 koppie 3 in 1 sopmengsel
- 1 blikkie tamatie en uiemengsel (brediemengsel)
- 1 blikkie gekapte tamaties
- 3 medium grof gerasperde wortels
- 1 bos seldery stingels en blare, opgekap
- ¼ koolkop, fyn opgesny
- 3 blokkies hoender ekstrak in 2 koppies kookwater opgelos
- 2 chorizo worsies, opgesny (dis ‘n baie spicy Spaanse wors met paprika wat gewoonlik in paella gebruik word)
- 1 pakkie Werda kerrieboontjieslaai (ja jy lees korrek!)
Kook eers die 3 in 1 sopmengsel totdat dit feitlik uitgedy en gaar is, voordat die ander groentes bygevoeg word. Laat prut tot alles gaar is.
Indien die sop te dun voorkom, maak ‘n pakkie wit uiesoppoeier aan met bietjie water en voeg by die sop. Laat dit liggies prut tot gaar en die sop dikker is.
- JALAPENO, FETA EN SONGEDROOGDE TAMATIE POTBROOD
- 1 pakkie potbrood mengsel (kaas geur)
- 5 heel ingelegde jalapenos, (jy kan vars gebruik as jy het) in ringetjies gesny (haal pitte uit as jy nie van die brand hou)
- ½ koppie songedroogde tamaties, in olie opgesny
- 3 vierkante Feta kaas, in blokkies gesny
- 1 eetlepels Italiaanse kruie (droog)
Meng die deeg beslag soos aangedui op die pakkie en voeg die res van bestanddele by. Laat rys, knie weer af en sit in olie gesmeerde pot of in twee brood panne.
Laat weer rys en bak by 190°C vir 45 minute of tot mooi bruin en gaar.
Bedien saam met die sop.
Bron en foto: Elsabie Templeton