Your Recipe Blog

GROENTEPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

GROENTEPASTEI

  • 1 pak skilferkorsdeeg (puff pastry)
  • ½ pak Mc Cains “stirfry” plus botterskorsie blokkies van Mc Cains soos jy verkies (Of enige ander vars groente van jou keuse)
  • 3 eiers
  • ½ koppie melk of room
  • olyfolie
  • 2 of 3 eetlepels sweet chillie sous
  • speserye van jou keuse

Rol skilferkorsdeeg uit om te pas in vierkantige of reghoekige gemeerde oondvaste bak.
Laat deeg bietjie oor kante hang, om later terug te vou. Smeer sweet chillie sous op die deeg.

Roerbraai jou groente in olyfolie en strooi die speserye oor, ek gebruik gedroogde sweet basil, bietjie origanum, sout, swart pepper en pietersielie.
Pak groente bo-op deeg en vou net al vier kante na binne.
Ek sny die baie lang stukke deeg af en hou dit om blare te maak vir versiering.
Klits jou eiers en room of melk saam en giet bo-oor groente.
Plaas dan die blaartjies bo-op en strooi paprika liggies bo-op.
Bak 180°C vir 1 uur.

Nota:
Ek het al die groente pastei sonder die room/melk en eiers probeer, net so lekker.

Resep en foto: Elmarie Snyman‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page