GROENTEPAKKIES
Ek het vannaand bietjie afgewyk van my normale braai bykosse, en het groente pakkies gemaak vir die bykos. Baie baie lekker! 😋 Groentepakkies vir die braai.
- 1 groot patat, gewas en in skywe gesny
- ½ medium botterskorsie, geskil en in skywe gesny (butternut)
- 300 gram broccoli/broccolini
- 1 rooi soetrissie, in stukke gesny
- 250 ml room
- ½ pakkie bruin uiesoppoeier
- Feta of Ricotta vir bo-oor strooi
Kook botterskorsie en patat vir 5 minute. Dreineer en skep uit.
Kook broccoli vir 2 – 3 minute in vars kookwater. Skep uit.
Skeur vier groot reghoeke aluminium foelie af vir 4 pakkies.
Verdeel die groente tussen die foelie. Meng room en soppoeier en giet bo-oor elkeen (so 70 ml elk).
Vou foelie pakkies toe, en plaas op die vuur vir so 15 – 20 minute.
Maak pakkies oop, sprinkel Feta bo-oor en bedien saam met enige vleis van jou keuse.