Your Recipe Blog

GROENTEGEBAK VAN GEVRIESDE GROENTE

Recipe by
| Servings: 4-6 portions

GROENTEGEBAK VAN GEVRIESDE GROENTE

  • 4 – 5 koppies bevrore gemengde groente van jou keuse (ek het blomkool, broccoli, groenbone en ‘n klein bietjie pampoen gebruik)
  • 125 g roomkaas
  • 150 ml room
  • sout en peper na smaak
  • 500 g gerasperde kaas
  • 3 eetlepels gebraaide ui/salotte, bo-oor gesprinkel

Kook die groente in kookwater vir 5 – 7 minute tot net sag. Dreineer en hou eenkant.
Smelt die roomkaas in dieselfde pot/pan oor medium hitte, en roer die room, sout en peper by tot ‘n gladde sous vorm.
Voeg nou die groente by en roer deur.
Sprinkel kaas en ui bo-oor, en bak vir 15 minute by 200°C.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page