GROENTE-PICCALILLI
Tradisioneel in Brittanje word groente-piccalilli met cheddarkaas en varkvleispasteitjies as ’n “ploughman’s lunch” in ’n kroeg voorgesit. Picalilli het ’n suur smaak.
Ek het hierdie resep vandag gemaak tot op die punt toe. Ek kan sê dit is heerlik… maar ek sal so 3 dae wag voordat ek dit gebruik anders is die groente nog nie deurtrek met die speserye en asyn nie. MAAR, defnitief ‘n wenner!!!!
- 200 g klein worteltjies
- 400 g blomkool
- 1 groot ui, gekap
- 180 g groenbone
- 125 ml water
- 35 g (75 ml) mielieblom
- 150 ml water
- 700 ml appelasyn (cider vinegar)
- 65 ml fyn appelkooskonfyt
- 10 ml mosterdpoeier
- 10 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 2 ml sout
Plaas wortels, blomkool, ui en bone in ’n mengbak.
Giet kookwater oor en laat staan 5 minute.
Dreineer in ’n vergiettes.
Meng die 125 ml water met mielieblom tot ’n gladde pasta.
Gooi die 150 ml water, asyn, appelkooskonfyt, mosterdpoeier, kerriepoeier, borrie en sout saam in ’n kastrol.
Voeg die mielieblompasta by en bring tot kookpunt.
Laat 10 minute oop kook en roer nou en dan.
Voeg gedreineerde groente by en laat nog 5 minute kook.
Skep in gesteriliseerde bottels.
Foto: Elize de Kock