Your Recipe Blog

GROENTE GEVULDE SOETRISSIES

GROENTE GEVULDE SOETRISSIES

Laaste van die somer groente aandete vanaand.  Gestopte soetrissies. Bedien met ‘n lams tjoppie, kan nie beter.
  • 75 g botter
  • ½ klein ui, gekap
  • 1 murgpampoentjie, gesny
  • ½ kleinerige blomkool, fyn gekap
  • ½ tamatie, gekap
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 2 teelepels vars oreganum
  • 100 ml room
  • 75 g roomkaas
  • sout en peper na smaak
  • 3 soetrissies, gehalveer en ontpit (groen geel en rooi)
  • 3 skywe cheddar kaas, gehalveer
  • 125 ml Mozzarella kaas
Smoor die uie, murgpampoentjie, blomkool en tamatie in botter oor medium hitte tot deurskynend (15 minute).
Voeg die res van die bestanddele by en prut onbedek vir 10 minute.
Verdeel die vulsel tussen die 6 halwe soetrissies en plaas die kaas skywe bo-op.
Sprinkel die Mozzarella kaas bo-oor.
Bak 20 minute bedek by 190°C  en 15 minute onbedek by 200ºC.
Bedien saam met vleis van jou keuse.
Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page