Your Recipe Blog

GROENTE EN KAAS QUICHE

GROENTE EN KAAS QUICHE

Patats, sampioene, peppadews, spinasie, murgpampoentjies en kaas quiche.

  • Kors:
  • 2 koppies gerasperde patats (oranje gee meer kleur)
  • 1 eetlepel olyfolie
  • Vulsel:
  • ¼ koppie opgekapte sampioene
  • ¼ koppie spinasie
  • 2 murgpampoentjies (baby marrows), opgekap
  • 2 eetlepels ingelegde peppadews
  • 1 wiel Feta kaas
  • ¾ koppies Cheddar kaas
  • sout en peper na smaak
  • Sous:
  • 4 eiers
  • ¾ koppie warm water
  • ¼ koppie Cremora

Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n muffin pannetjie. (12 gaatjies)
Skep eetlepel vol van die patats gemeng met olie in gaatjie. Druk met lepel plat dat dit ‘n bakkie vorm. Bak in oond vir 12 tot 15 min.

Sny al die vulselbestanddele lekker fyn. Meng bymekaar en skep in bakkies as dit uit die oond kom.
Meng die sousbestanddele en skep elke bakkie tot vol.
Bak in oond vir 20 min.

Nota:
Ek sal volgende keer eerder aartappel gebruik vir die bakkie.

Resep en foto:  Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page