Your Recipe Blog

GROENBOONTJIES MET UIE EN KNOFFEL

GROENBOONTJIES MET UIE EN KNOFFEL

Ons soek altyd iets anders om te maak met die groenboontjies, probeer gerus hierdie een, dit is heerlik en die boontjie bly mooi groen van kleur.
Hoeveelhede hang af van hoeveel mense jy voor regmaak.

  • vars groenboontjies, grof gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 handvol songedroogte tamaties
  • 2 of meer knoffel toontjies, gekap
  • 1 klein bossie (7 lote) “garlic chives”
  • takkies vars pietersielie, gekap
  • Ina Paarman se “seasoned sea salt”, na smaak
  • bietjie songedroogte uie, opsioneel

Kook die groenbone in bietjie water met sout tot “aldente”, giet die kookwater af en tap dadelik kouewater oor. Sit eenkant.
Braai die ui, knoffel en songedroogte tamaties in bietjie olyfolie tot die ui begin verkleur. Sit die garlic chives en pietersielie by. Meng die songedroogte uie by en laat net deurkook.
Plaas nou die boontjies by die mengsel en meng lekker deur dat die boontjies bedek is met die mengsel. Sit deksel skuins op en draai plaat op 1, moet baie stadig braai, net dat die geure kan trou. Skep op en geniet.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page