GROENBOONTJIEGEREG MET SKYFIES
“Liezl het vir ons die lekker groenboontjiegereg gemaak.”
- 500 g gaar groenbooontjies (3 cm stukke)
- 1 ui, gekap en gaar gebraai in bietjie botter
- 250 ml suurroom
- 1 koppie kaas, gerasper
- 1 groot pak kaas-en-uie skyfies, fyn gemaak
Meng alles saam, behalwe die skyfies en plaas in gesmeerde oondbak.
Strooi skyfies bo-oor.
Bak in voorafverhitte oond vir 20 minute teen 180 °C.
Bedien.
Resep: Louise Smit
Resep berei deur Liezl Louw
Foto: Gideon Louw
Category: