Your Recipe Blog

GROENBOONTJIEBREDIE ALA JEANETTE

GROENBOONTJIEBREDIE ALA JEANETTE

  • 1 ui, gekap
  • knoffel, na smaak
  • olie, vir braai
  • 6 medium aartappels, in 4 gesny
  • 600 g bredie beesvleis
  • 1 kg groenboontjies, gekerf
  • 2 houers Knorr “beef stock”
  • swart peper, na smaak

Braai die knoffel en uie tot die uie deurskynend is, voeg die vleis by en braai ‘n rukkie tot die vleis ‘n mooi kleur het.
Voeg die Knorr “beef stock” en swart peper by.
Voeg bietjie water by, maak die stoompot toe en laat die pot stoom.
Wanneer die vleis lekker sag is, voeg die gesnipperde groenboontjies en aartappels by.
Stoom weer die bredie tot die groente ook sag is.
Meng ‘n pakkie “beef stew” poeier met bietjie water en voeg by, meng deur.
Voeg sout en peper na smaak by. Laat ‘n rukkie prut, sodat die sous verdik en die geure lekker trou.
Bedien met rys of stampmielies.

Foto en resep: Jeanette van der Walt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page