GROENBOONTJIE KASSEROL
Groenboontjie kasserol as ‘n bykos vanaand.
- 500 g gevriesde of vars groenboontjies, geblansjeer
- 2 eetlepels botter
- 1 teelepel olyfolie
- 6 sampioene, in blokkies gesny
- 1 vleis ekstrak blokkie (lae sout), gekrummel
- 125 ml kookwater
- 2 handevol babaspinasie
- 125 g “creme fraiche” of suurroom
- 50 ml room
- sout en peper na smaak
- ½ ui, in skywe gesny
- 15 ml olie vir vlakbraai
Plaas die geblansjeerde boontjies in ‘n gesmeerde oondbak.
In ‘n pot op die stoof, verhit die botter en olyfolie, braai die sampioene daarin vir 8 minute.
Voeg die ekstrak blokkie, kookwater en spinasie by, en kook 5 minute.
Roer die creme fraiche, room, sout en peper by en meng goed deur.
Skep die sampioensous oor die boontjies en versprei egalig.
Braai die uie in olie tot ligbruin, voeg sout en peper by en skep bo-oor die boontjies en sous.
Bak bedek by 200°C vir 20 minute, en onbedek vir 15 minute.
Bedien saam met vleis van jou keuse.
Resep en foto: Ilze Jacobs