GROENBOONTJIE- EN SPINASIESLAAI MET AVOKADO EN FETAKAAS
“Hierdie het nie die lewe as ’n slaai begin nie, maar soos ek kos gemaak het, het dit uiteindelik in ‘n weergawe van ‘n tipe driebone-slaai verander. Al is daar net een tipe boon in! Maar dit is regtig heerlik… maak nie saak of jy nie low carb/keto/diabeties is of nie – gee hierdie slaai ‘n probeer!”
- 2 koppies gevriesde of vars groenboontjies
- 2 – 3 groot handevol spinasie, gekap
- 1 avokado, in blokkies gesny
- 2 pers of gewone sprietuie, gekap
- 2 teelepels vars suurlemoensap
- 2 teelepels witasyn
- 3 eetlepels olyfolie
- 8 basiliekruid blare, gekap
- 1 wiel Fetakaas, grof gekrummel
- sout en peper, na smaak
- keuse van sonneblomsaad/pampoensaad/gepelde amandels/okkerneute, opsioneël
Kook die groenboontjies met die spinasie bo-op in kookwater vir 4 – 5 minute.
Dreineer die groente en dompel dit in yswater. Dreineer dit goed.
Voeg die groenboontjies, spinasie en die res van die bestanddele in ‘n mengbak en meng dit versigtig deur.
Bêre die slaai in die yskas tot benodig, maar die slaai is heerlik by kamertemperatuur.
Resep en foto: Ilze Jacobs