Your Recipe Blog

GROENBOONTJIE EN KOESKOES GROENTEGEBAK

GROENBOONTJIE EN KOESKOES GROENTEGEBAK

  • 125 ml koeskoes
  • 250 ml beesvleis aftrekstel
  • 2 knoffel huisies, fyn gedruk
  • 500 g groenboontjies
  • 250 g sampioene
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 4 skywe fetakaas, in blokkies gesny
  • 3 eiers
  • 5 ml gedroogde pietersielie
  • 2,5 ml gedroogde gemengde kruie
  • sout en swart gemaalde peper na smaak

Plaas koeskoes in ‘n bak, giet die beesvleis aftreksel oor en laat staan vir 10 min.

Verhit olie in ‘n pan en sorteer die uie en knoffel tot sag, voeg die boontjies by en roerbraai tot sag, maar steeds ferm. Voeg die groen- en rooirissie by en roerbraai tot sag. Laastens voeg die sampioene by en roerbraai. Voeg die kruie, sout en swartpeper by.

Meng die koeskoes met die groente mengsel. Sit die fetakaas by en meng.
Klits die eiers saam en meng met die groentemengsel.
Bak vir 20 min by 180˚C. Bedien saam met avokado sasla.

  • Avokado Salsa:
  • 2 Avokado’s, in blokkies gesny
  • 80 ml matige salsa
  • 30 ml sterk blatjang
  • 100 ml gewone jogurt

Meng bogenoemde bestanddele alles saam.

Resep en foto: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page