Your Recipe Blog

GROEN TAMATIEKONFYT EN -BLATJANG

GROEN TAMATIEKONFYT EN -BLATJANG

Here is the results of all my green tomatoes! So for the jam I only added one lime jelly package and it tastes just like fig jam YUM!
For the chutney I added yellow, red and orange peppers just for colour- a hit!!!! Thank you to admin for the quick response for recipes!

GROEN TAMATIEKONFYT

  • groen tamaties
  • suiker
  • suurlemoensap
  • vars gemmer, opsioneel

Soek tamaties sonder letsels op die skille uit. Prik die skille met ‘n stopnaald en laat oornag in ‘n soutoplossing  van 1 eetlepel sout op 2,5 liter water week.
Spoel die tamaties die volgende dag goed af.
Maak ‘n stroop van 500 g suiker vir elke 500 g tamaties en 1 koppie water vir elke 2 koppies suiker.
‘n paar stukke gekneusde gemmer kan by stroop gevoeg word vir smaak.
Voeg tamaties by kokende stroop. Sit die deksel op en laat kook vir ‘n uur.
Haal die pot van die hitte af en hou eenkant vir 6 ure.
Na die wagtyd, haal die deksel af en laat vinnig kook tot stroop dik is.
Voeg ‘n eetlepel suurlemoensap by om te keer dat sandsuiker vorm. Bottel warm en verseël dadelik.

Resep geplaas Paula Oosthuizen
Foto:  Carina D Van Aardt

GROEN TAMATIEBLATJANG

  • 3 kg groen tamaties
  • 125 ml sout
  • 1½ kg fyn gekapte uie
  • 750 ml suiker
  • 1,875 liter asyn

Verwyder ogies van tamaties, sny in blokkies, sprinkel sout oor en laat staan oornag.
Dreineer oortollige vloeistof.
Roer gekapte uie, suiker en asyn by.
Kook vir 1 uur sonder deksel.

  • Sous:
  • 90 ml koekmeel
  • 30 ml kerrie
  • 30 ml mosterd
  • 15 ml rooipeper
  • 15 ml borrie
  • 125 ml appelkooskonfyt
  • 375 ml asyn

Meng al die sousbestanddele baie goed sodat al die klontjies opgelos is.
Voeg 250 ml van die warm tamatiemengsel by die kerriemengsel en roer.
Voeg die kerriemengsel by die kokende tamatiemengsel.
Kook 15 minute terwyl jy voortdurend roer.
Bottel warm mengsel in gesteriliseerde bottels en verseël.

Resep: Francina de Flamingh
Foto: Carina D Van Aardt

Wenk deur Jean Calitz: As dit nog nie soet genoeg is na jou smaak, voeg nog 1 koppie suiker en 1 koppie konfyt by. Dit het perfek vir my gewerk.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page