GROEN TAMATIE ATJAR
Resep van my oorlede moeder, oorsprong onbekend.
- 6 pond groen tamaties (3 kg)
- 3 pond uie (1.5 kg)
- 2 koppies suiker
- 2 x 750 ml bottels wit asyn* Lees nota onderaan
- 1 desert lepel borrie (12.5 ml)
- 2 desertlepels mosterd poeier (25 ml)
- 1 desertlepel kerrie (12.5 ml)
- 3 eetlepels koekmeel
- ¼ koppie sout
- ½ teelepel rooi peper
Skil en sny die tamaties in skyfies, strooi sout oor en laat oornag staan.
Dreineer volgende oggend al die water af.
Sny die uie en voeg by.
Voeg 1 ½ bottel asyn (sien nota) en 2 koppies suiker by. Kook saam tot uie gaar is.
Meng al die ander bestanddele goed met res van die suiker en asyn. Voeg by en laat nog 10 minute kook.
Roer gereeld en pasop vir aanbrand.
Bottel warm.
Baie lekker.
Geniet!!!!
Resep: Anet Grove
Foto: Antoinette Schultz – Heerlik saam met vleis. Ek sal so bietjie minder asyn gebruik volgende keer. Dis bietjie te suur. Of half asyn en half water meng.