GROEN MANGO ATCHAR of ATJAR
- 3.6 kg mangovleis, pitte reeds verwyder (MOET GROEN wees, anders gis die atjar)
- 3 liter olyfolie of kookolie
- 30 ml sout
- 7.5 ml swartpeper
- 50 g piekelspeserye
- 300 ml bruinasyn
- 60 ml kerriepoeier
- 90 ml Masala, rooi (Ek gebruik Durban Pride se mango atjar marsala mengsel)
- 90 ml gekapte rissies
- 30 ml mosterdsaad
- 10 ml knoffelkorrels (korrels nie vlokkies nie) of 10 toontjies vars knoffel, fyn gekap
Sny die mangovleis los van die pitte en sny die vleis in klein stukkies op, plaas eenkant.
Berei intussen die oliemengsel voor.
Voeg die olie, asyn en die speserye in ‘n groot pot op die stoof en verhit totdat die olie begin kook.
Voeg die mangostukkies by die oliemengsel in die pot en roer totdat dit weer begin kook.
Verwyder die pot van die hitte en laat die atjar bietjie afkoel.
Skep die atjar in vooraf gesteriliseerde bottels terwyl dit nog warm is, maak seker die mango in die bottels is goed bedek met die oliemengsel.
Seël die bottels met die gesteriliseerde deksels en laat staan die atjar vir 10 – 14 dae voor gebruik.
Resep en foto: Johan Du Preez Snr