GROEN EN ROOI SLAAI
Ons eie ‘lockdown’ groentetuin het baie kreatiewe idees vir kos in my uitgebring. Die hoeveelheid blare is na smaak.
- gemengde slaai blare
- soet roket blare
- baba spinasieblare
- 1 avokado, in blokkies gesny
- ¼ komkommer met skil, in wiggies gesny
- ½ koppie rooikool, fyngekerf
- 1 rooi ui, fyngekerf
- 1 granaat, gepit
- 60 ml balsamiese asyn
- 30 ml Makadamia neute heuning
- songedroogde tamatie Fetakaas
Meng die asyn en heuning goed en voeg die uie daarby, roer goed en hou eenkant.
Meng al die blare en kap grofweg.
Voeg die avokado, rooikool, komkommer by en meng deur.
Voeg die rooi ui mengsel en balsamiese asyn by.
Roer deur.
Voeg die granaat pitte by en meng liggies.
Laaste, krummel die Feta oor.
Nota:
Ek het die slaai saam met gebraaide snoek en anys room patats bedien.
Resep en foto: Adele Horn