Your Recipe Blog

GRIEKSE PASTASLAAI

Recipe by
| Servings: 4-6

GRIEKSE PASTASLAAI

  • 500 g pasta (penne of skroewe)
  • 100 ml olyfolie
  • 80 ml balsamiese asyn
  • 300 ml grof gekrummelde Fetakaas
  • 5 stingeluie, in ringe gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 250 g kersietamaties, gehalveer
  • 20 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny
  • 3 pikante rissies (Pepperdew), in stukkies gesny (opsioneel)
  • 30 ml vars fyngekapte orego
  • 45 ml fyngekapte vars pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • vars basiliekruid, in stukkies gebreek

Kook die pasta soos op verpakking. Dreineer.
Giet die olyfolie en balsamiese asyn oor die warm pasta en laat afkoel.
Meng al die slaai bestanddele liggies in ‘n bak.
Geur goed met sout en peper.
Sprinkel vars basiliekruid oor.

Foto en resep:  Joanita Rothman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page