GRIEKSE MELKTERT
- 5 koppies melk
- skil van 2 lemoene en 2 suurlemoene
- 350 ml koekmeel
- knippie sout
- 6 eiergele
- 125 ml suiker
- 2 teelepels vanilla ekstrak
- 30 ml botter
- filodeeg en gesmelte botter om dit te smeer
- Vir die stroop:
- 30 ml heuning
- 2 ml kaneel
- 125 ml lemoensap en suurlemoensap (van die waarvan jy skil gebruik het)
- gerasperde skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen
Voorverhit oond tot 180°C.
Voer ‘n gesmeerde koekpan (losboompan) met 3 – 4 filolae uit. Smeer elke laag met gesmelte botter.
Verhit melk en skil vir so 5 minute.
Giet melk deur ‘n sif- gooi skil weg.
Klits die meel en sout by die melk met ‘n klitser tot glad.
Klits die eiergele en suiker in ‘n apart bak.
Klits nou so derde koppie van die warm melkmengsel by die eiermengsel.
Klits al die eiermengsel nou saam met die melkmengsel en kook weer vir so 6 minute tot dit verdik. Klits heeltyd met draadklitser sodat daar geen klonte vorm nie.
Roer nou vanilla en botter by.
Skep in filokors in die pan.
Frommel ekstra velle lae filodeeg op en plaas liggies bo-op vulsel.
Bak by 180 ºC vir so 40 minute tot net gestol. Haal uit oond.
Smeer of drup stroop oor en laat heeltemal afkoel voordat jy dit uit pan haal.
Terwyl tert bak kook die sousbestandele alles saam tot effens stroperig.
Ek los die skil in en drup dit lepelsgewys oor warm kors.
Anders kan jy skil verwyder en dan oor drup. Geniet dit!
Resep en foto: Laetitia Burger