GRIEKSE AARTAPPELS
- 4 – 6 aartappels, ongeskil in wiggies gesny
- sout
- asyn
- water, genoeg om aartappels te bedek
- olyfolie
- 1 ½ ui, ongeskil in wiggies gesny
- 5 – 7 knoffeltoontjies, effe gekneus
- ± 1 ½ koppie aftreksel van eie keuse
- 1 – 1 ½ suurlemoene, gehalveer
- sout en peper na smaak
Voeg sout en asyn by die water, genoeg om ‘n ligte piekel te vorm.
Week die aartappelwiggies in die sout-asynwater vir ‘n rukkie (dit help dat die aartappels lekker krakerig van tekstuur bak).
Voorverhit intussen die oond tot 200ºC.
Dreineer die aartappels van die piekelwater, sprinkel olyfolie oor die aartappels en skud om die aartappels te bedek.
Plaas die aartappels in ‘n groot oondpan of roosterbak (die geheim is dat die aartappels nie styf teen mekaar is nie).
Rooster die aartappels vir 10 minute, roer die aartappels om met ‘n spaan en rooster verder vir nog 10 minute.
Voeg die uie, knoffel en aftreksel by die aartappels (nie te veel aftreksel nie, net genoeg tot ongeveer 1 cm van die bodem van die pan.
Rooster die aartappels vir ‘n verdere 10 minute, skud die pan, en rooster vir nog 10 minute.
Sprinkel sout en peper na smaak oor die aartappels en rooster vir 10 minute.
Druk die suurlemoene se sap oor die aartappels en plaas die uitgedrukte suurlemoendoppe by die aartappels in die pan.
Rooster die aartappels vir nog 10 minute.
Verwyder die suurlemoendoppe uit die pan en skep die aartappelgereg op ‘n opdienbord en bedien.
Nota:
Gebruik 1 aartappel per persoon. Gebruik 2 oondpanne indien nodig, moenie die aartappels “overcrowd” in een pan nie.
Resep: Frikkie Jones