Your Recipe Blog

GRENADELLAKAASKOEK

GRENADELLAKAASKOEK

Lewer 1 groot kaaskoek of 12-15 mini kaaskoeke
Verkoel: 3-4 uur of oornag

  • 200 g gewone volgraankoekies
  • 100 g botter, gesmelt
  • 2 blikke (385 g) kondensmelk
  • 250 ml (1 koppie) suurlemoensap
  • 2 houers (250 g) roomkaas
  • 60 ml (¼ koppie) water
  • 30 ml (2 eetlepels) gelatien
  • 3 blikkies (115 g) grenadellamoes
  • 1 pakkie (80 g) suurlemoenjellie
  • 250 ml (1 koppie) kookwater

Smeer ’n losboomkoekpan van 25 cm of 12 klein losboomtertpannetjies of glase.
Meng die koekies en botter en druk dit in die bereide panne. Plaas dit in die koelkas terwyl jy die vulsel maak.

Klits die kondensmelk, suurlemoensap en roomkaas saam in ’n groot bak tot glad.
Gooi die water oor die gelatien en laat staan om te spons. Verhit die gelatien ’n paar sekondes (10) tot dit smelt en klits by die roomkaasmengsel.
Voeg twee blikkies grenadellamoes by die mengsel en gooi oor die koekiebasis.
Plaas vir sowat twee uur in die koelkas.

Roer die suurlemoenjellie en kookwater saam tot die jellie opgelos is en laat ’n paar minute eenkant afkoel.
Gooi die oorblywende blikkie grenadellamoes by, gooi oor die gestolde kaaskoek en verkoel nog ’n uur in die koelkas.
Sit voor saam met grenadellasous of room.

Resep geplaas deur Frieda Greyling
Foto: Frieda Greyling

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page