GRANADILLASMEER
Granadillasmeer is ‘n heerlike vulsel vir doppies, laagkoek of tert. Dit kan ook op skons gesmeer word, of in ‘n mooi versierde flessie is ‘n baie welkom geskenkie.
- 12 granadilla, halveer
- 3 eiers
- 200 g wit suiker
- 50 g botter
Halveer die granadillas en skep die vleis uit.
Klits die eiers goed in die boonste deel van ‘n dubbel koker.
Voeg die granadillavleis, wit suiker en botter by.
Roer die mengsel deurentyd oor stadige kokende water tot verdik.
Bottel die smeer warm en verseël dit wanneer koud.
Foto geplaas: Martie Labuschagne